FW moet dalk sy sak skud

FW de Klerk veg met verbete om te keer dat sy geldsake en sy sogenaamde vertroulike inligting openbaar gemaak word in ’n onderhoud hofgeding oor twee van sy kleinkinders.

’n Onderhoudseis van sowat R33 000 per maand is vroeër vanjaar deur sy skoondogter ¬Nicole (Noordien) de Klerk teen hom ingedien. Sy is besig om van De Klerk se aangenome seun Willem te skei.

Die hooggeregshof in Johannesburg het Dinsdag ’n dringende aansoek van FW De Klerk goedgekeur om sy finansiële posisie vertroulik te hou.

Dit is toegestaan hangende ’n aansoek in dieselfde hof oor ’n bevel van ’n Randburgse anddros dat hy sy geldsake moet blootlê.

Vorige berigte het daarop gedui dat die De Klerk familie deurlopend in egskeidings betrokke is.