Finansies

Die Kanadese Dollar het aansienlik versterk teen die Amerikaanse Dollar gedurende die week en het die hoogste punt bereik in 14 maande. Dit is goeie nuus vir Kanadese toeriste wat gaan vakansie hou in die VSA. Inflasie het ietwat gestyg in Augustus met 0.2%, maar het later weer gestabiliseer. Ekonome voorspel dat die ekonomiese groei in Kanada sal verbeter in 2013 as gevolg van ‘n geldelike wanbalans in die Europese en Amerikaanse ekonomie.