Eskom, hier kom jou moeilikheid

BOERE in die distrik Rouxville het regshulp bekom om vas te stel hoe twee verwoestende veldbrande die naweek op sowat 16 plase in die distrik ontstaan het.
Bykans 12,000 ha weiding is vernietig en 67 skape het gebrand.

Gerry Adendorff van die Rouxville-brandbestryding vereniging (BBV) sê die vermoede bestaan Eskom-kragpale was ’n oorsaak vir die weghol brand wat verlede Vrydagmiddag op die plaas Tafelberg uitgebreek het.

Rouxville is die tweede distrik wat Eskom in die hof wil aanvat omdat hulle brand afweer nie op standaard is nie.