Ek sien dit so!

Die afgrond kom al hoe nader, en steeds is volksgenote meer besorg oor watter span Heyneke Meyer gaan kies om eerskomende Saterdag die Wallabies te troef.
Moord en doodslag vier hoogty, Malema is besig om die massas te mobiliseer vir iets groots, die strop trek al nouer om ons nekke, en steeds is sport, daardie hoofrolspeler in die verhaal van hoe ons land in kommuniste se hande geval het, die belangrikste besprekingspunt onder gewone Afrikaners.

Dis genoeg om van naar te word.

Ek hoor nou die dag hoe iemand sê dat as “ons” die regte skakelpaar kies, Australië hulle teen “ons” gaan vasloop. Versigtig vat ek met my hande aan my gesig, en toe aan my bors en bene, net om seker te maak ek droom nie. Want sien, ek het nog nooit ‘n Springbokspan gekies nie, en nog minder het ek vir een gespeel. Ek is dus nie deel van die “ons” nie. Selfs al kon ek speel, sou ek beslis nie met my handjie op my borsie gestaan het wanneer hulle ‘n drog-lied sing waarvan ek die woorde nie eers verstaan nie. ‘n Gebed, dis nou wat mense vir my sê daardie Nkosi-storie is. Ek wonder toe, ‘n gebed aan wie of wat? Soos ek die saak sien, loop my volk deur onder ‘n volksmoord met daardie “lied” as oorlogslied. Dan vat hulle dit ‘n stap verder en voeg ‘n vlag daarby.

Die ergste van alles is dat die deursnee Afrikaner geen probleem het met die vlag of die geblêr nie. Gedienstig soos skape op pad na die slagpale, sien ek ‘n stroom Afrikaners wat hierdie heidense simbool op hul klere vertoon. Die bors word sommer nog met trots uitgestoot ook! Mense, besef julle nie wat aangaan nie? Dink julle regtig dat ‘n Springbok oorwinning julle reg om te leef in Suid-Afrika gaan beskerm? Is julle besig om my vir die gek te hou of glo julle werklik dat rugby ‘n bydrae kan maak tot sogenaamde nasiebou? Magtig mense, wat is aan die gang? Dit voel of ek in ‘n ander dimensie rondbeweeg.

Kyk, sport het sy plek, maar beslis nie ten koste van ons mense se lewens nie. Skrik wakker, en sommer gou ook, julle koffie is baie vinnig besig om koud te raak. Wanneer dit gebeur, gaan die wêreld om julle baie warm raak!

Viva Bokke! En de hel met die volksmoord!

Boeregroete,

Kordaat Neelsie