Dwelms en dood by Suid-Afrika diplomaat se huis

Die dood van ’n Franse vrou in die woning van ’n Suid-Afrikaanse diplomaat in Parys, Frankryk, word ondersoek, berig Sapa.

Die 26-jarige vrou se lyk is in die huis ontdek.

Volgens ingeligtes in die diplomatieke diens het dit by een van die eerste sekretarisse se huise gebeur waar ’n aandete gehou is. Daarna is dwelms, waaronder kokaïen, gebruik. Die vrou het gaan slaap en is later dood gevind in die kamer.

’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word.

’n Woordvoerder het aan Die Vryburger gesê dit is nie vreemd dat diplomate van SA deesdae met allerhande onwettighede besig is nie. Dit is nie die eerste keer dat dwelms by diplomate gevind is nie.