Dwelm smouse floreer in Pretoria

Die polisie in Pretoria het toegeslaan op ‘n dwelm-laboratorium in die stad. Hierdié keer in Willowpark in Silverton.

Berigte is ontvang dat beslag gelê is op dwelms van sowat R5 miljoen in ’n stoor wat vehuur word.

Die polisie het op die vonds afgekom nadat die eienaar gekla het dat die huurder van die stoor nie betaal nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

‘n Laboratorium waar dwelms vervaardig is, is verlede week in ‘n huis in Wespark in Pretoria-Wes gekry. Daar is tik ter waarde van miljoene rand vervaardig.