Drie manne maak geskiedenis met seiljag

Spesiale verslag van Kanadese medewerker

Die seilboot Belzebub II, is die eerste boot behalwe ‘n ysbreker skip wat nog ooit deur die Kanadese “Northern Passage” geseil het. Drie manne het hul doelwit bereik nadat hulle deur die gevaarlike M’Clure Straight geseil het sonder om ’n ongeluk te maak. Die boot het deur die Parry Kanaal geseil. Dis die mees noordelike roete wat nog ooit deur ‘n seiljag gedoen was.

Gedurende tye was die kanaal 40 tot 50% vol ys en hulle het vir 48 uur wakker gebly om seker te maak die ys vang hulle nie vas en hou hulle daar vir die winter nie. Hul oogmerk was om mense meer bewus te maak van globale verwarming en hulle was verbaas dat hulle dwarsdeur die kanaal kon seil. Normaalweg is die roete toe onder die ys. Die mees gevaarlikste deel lê nou vir hul voor. Hul is op pad na die Bering see gedurende die storm seisoen.