Diewe besteel Hervormde Kerk

’n Geskiedkundige koper borsbeeld deur Coert Steynberg is voor die oudste kerkgebou in Transvaal gesteel.

“Die historiese en sentimentele verlies is erger as die geldverlies,” het ds. Willem Kok, predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk in die Potchefstroomse middestad, gesê.

Die borsbeeld van ds. Dirk van der Hoff is in 1942 met die gemeente se eeufees opgerig.

“Dis onvervangbaar omdat Steynberg al oorlede is,” het ds. Kok gesê.

’n Woordvoerder van die Verkennersbeweging het gesê dat dit ironies is dat dit nou gebeur terwyl die NH Kerk besig is om die baadjie van die Nuwe SA aan te trek.