Die “Woolies” Fenomeen.

Ek sit nie my voete in ‘n Woolworths nie as gevolg van hoe hulle ons boere uitbuit. Hulle pryse is belaglik duur, maar die boer moet aan al hulle fiemies voldoen en dan nog met kleingeld tevrede wees. Maar dit ‘n gesprek vir ‘n ander dag.

Kom ons kyk gou bietjie na hierdie boikot.

Die eerste vraag is wie koop nog by Woolies? Baie min van ons Boervolk kan nog bekostig om daar te koop. Met ander woorde, die mense wat daar koop het in die eerste plek nie noodwendig die politieke bewussyn wat ons het nie en nou vra ons hulle om dit te boikot. Is dit nie so bietjie soos om die DA mense te vra om Kaapstad te boikot nie?

Tweedens- Wat is die doel van die boikot? Gestel Woolworths reik ‘n media verklaring uit en se hulle verander hulle werwings proses, is die boikot nou verby? Baie gerieflik reg voor die naweek. Wat gebeur? Mense ondersteun skielik Woolworths omdat hulle nou ook blankes in ag neem vir poste! Dus, in effek, teen Vrydag middag (as hulle dit reg bestuur) gaan almal wat hulle geboikot het ,hulle weer ondersteun en nog opmaak ook, want hulle het mos nou die fout reggemaak!

Derdens- Wat gaan Woolworths doen? Hulle kan net doen wat die wetgewing hulle toelaat om te doen. Met ander woorde, hulle gaan nogsteeds voorkeur gee aan ‘vooheen benadeeldes’ om hulle BBBBEEEEEEEEEE getalle reg te kry. In soveel woorde, hulle gaan nou net die blankes bluf. Hulle gaan hulle aansoeke inneem en oorweeg en dan nogsteeds poog om hulle getalle reg te kry. Ons gaan dus deur hierdie hele storie maar ons het geen manier om dit verder toe te pas nie.

Vierdens- Vir wat baklei ons hier? Ons boikot Woolies sodat hulle blankes ook moet aanstel, soos voorgeskryf deur die wet. Watter wet? Ons baklei dus vir die behoud van BEE wetgewing!!

As ons mooi kyk, wie baat hierby? Woolworths kry publisiteit.Daar word vir hulle ‘n platform geskep waar hulle die skuld van die situasie gaan gooi voor die BEE wetgewing, maar waar hulle nogsteeds ‘n ‘kamma’ reaksie gaan uitvoer en voor die week om is nog meer steun te kry. Solidariteit kry heelwat publisiteit omdat hulle hierdie ‘o so wrede en onregverdige skandaal’ teenstaan in die naam van die volk! Maar oor ‘n week of twee gaan hier niks meer oor wees van die inisiatief nie. “No harm, no foul”

Ons hardloop agter ‘n spook aan met al hierdie halwe pogings. Daar was die groot boikot van ABSA, niks van gekom nie, daar was ‘n boikot teen Rapport, niks van gekom nie… So kan ons hulle maar opnoem. Dit word ‘n verskynsels waarmee ons besig raak, maar wat niks oplewer nie, ‘n fenomeen.

Dit beteken egter nie dat ek teen die gedagte van ‘n boikot is nie. Kom ons gestel ons maak met Woolworths dieselfde as wat die regering gemaak het met die Boeremag-saak, met ander woord, ‘n voorbeeld. ‘n Magsvertoning om die ekonomiese gemeenskap te wys dat ons regtig gatvol is en dat ons nog ‘n voet het om te staan, ‘n stem in die bos.

Maar dan moet ons nie speel nie. Dan moet ons besluit, ongeag wat Woolies doen, ons sal nie rus tot al hulle deure gesluit is nie! Dan help hierdie tirade niks nie. Hierdie is ‘n halfgat idee wat ons ‘n paar dae gaan besig hou en ons innerlike vryheidsvegter se ego streel voor dit in die niet verdwyn. “No harm, no Foul”

Soos met die vorige pogings om so groot besigheid te boikot, sal hier ook niks van kom nie. Daar is te veel skuiwergsate waar hulle kan verbykom. Duisende mense (meeste van hulle koop nie eers by Woolies nie) beaam, “Ja, Boikot!” maar die besigheid gaan dit nie aan hulle sak voel nie. Hulle sal aan die einde van die maand ‘n wins toon, genoeg om ons volk se vryheidstrewe te finansier en vir ons sit en lag terwyl ons mekaar op die skouer gaan klop oor ons aksie.

Siestog.

Die dag as die volk regtig iemand wil boikot, ek praat van ruk sy sak, sluit sy deure, boikot, dan kan ons gesels. Dan bel ons familie en vriende, ons sit groot Boerseuns met kort humeure by die deure van die besigheid, ons sorg dat iemand wat daardie produk in sy hande het, weet hoe ons voel oor die produk en veral oor sy ondersteuning daarvan… Alles wettig, maar met bietjie meer Boer-Passie.

Maar hierdie Woolworths ding is ‘n grappie. Net nog ‘n grappie om ons aandag af te trek van die realiteit, die waarheid van ‘n volk wat bloei elke dag!

Net nog bietjie salfies vir ‘n skietwond…

J.S. van der Merwe