Die Wonder van Apartheid

’n Groot aantal afgedankte en werklose mynwerkers van die Aurora-goudmyn naby Springs het Malema, luidkeels toegejuig oor sy stelling dat swartes onder apartheid beter daaraan toe was as onder die huidige bedeling.
Malema het sowat 300 mynwerkers van die trappe van ’n ou, verwaarloosde myn gebou van die Aurora-Grootvlei-myn toegespreek.
“Ons is deesdae slegter daaraan toe as onder die ou apartheidsbedeling. Ons word deur ons eie mense geskiet,” het Malema onder luide toejuiging gesê.
’n Woordvoerder van die Oranje Sake Instituut het in ’n onderhoud aan Die Vryburger gesê dat die fiasko by die betrokke myn nou ’n goeie geleentheid geskep het vir Malema om sy verlore aansien te herwin deur simpatie te betoom met werkloses en ander wat anti-Zuma neigings openbaar.
Dit is wonderlik hoe apartheid nou weer na waarde geskat word vir politieke gewin, het hy gesê.