Die volksmoord duur voort

Gedurende Augustus 2012 is nog sewe volksgenote vermoor deur terroriste.

In die Vrystaat is mev. Knoetze by haar huis vermoor gevind met etlike meswonde en die Oos-Kaap het twee mense aan die dood afgestaan. Mnr. Charles is met ’n mes doodgemaak en mnr. Radford is met ’n klip doodgeslaan.

In Wes Transvaal is Ronel Eyk se liggaam by haar huis gevind met drie koeëlwonde en in die PWV gebied is die Sim-egpaar vermoor by hul woning in Kempton Park.

Die jong dame, Christa Ross is in ’n lokval gelei in die Wes-Kaap en nadat sy ’n drankie aangebied is, verkrag en daarna vermoor.

Die moorde gaan stil-stil by politici verby, en daar word kwalik na enige voorval verwys.

Die inisieerders van Projek 2010 het dit hulle taak gemaak om elke moord op volksgenote wat deur terroriste gepleeg is, aan te teken en te bewaar vir die nageslag.

Lesers word versoek om elke geval onder die aandag van “Die Vryburger” te bring. Die redaksie onderneem om die besonderhede aan Projek 2010 oor te dra.

Lesers kan gerus die webblad besoek by: http://www.projek2010.co.za

Op die webblad is die bankbesonderhede van Projek 2010. Lesers word aangemoedig om ook ’n finansiële bydrae te maak aangesien die projek nie sonder fondse kan voortgaan nie.