Die standaart is frot!

Daar is baie dinge om oor te kla in die nuwe Azanië. As gekyk word na waarop die meeste mense op nuusblaaie kommentaar lewer is die nasionale rugbyspan blykbaar vir die meeste burgers een van die grootste kopsere. Vir my is die volksmoord op Boere-Afrikaner meer soos ‘n takbokhoring in die dunderm. Die kommerwekkendste is dat hierdie twee nasionale sportsoorte van die min beroepe is wat nie geletterdheid vereis nie. As dit dan so sleg gaan met die land se ovaalbal karnaval, hoeveel kommer behoort nie te heers oor die arbeidsmark en regeringstelsels nie! Mens sou dink dat (buiten vir ‘n kriminele rekord), geletterdheid ten minste ook vereis sou word.

Die rede vir die groot kommer is natuurlik dat Suid Afrika se staatsonderwys blykbaar van die swakste in die wêreld is volgens ‘n onlangse peiling waaroor Die Vryburger berig het. Dit is natuurlik vir die meeste van ons net so groot verrassing soos toe Clinton destyds sy gekatknypery in die donker erken het of toe Elton John uit die kas uit geklim het.

Nietemin, kommer is aan die orde van die eeu vir elkeen van ons wat tans onder hierdie bestel kreun, want selfs diegene wat werk het, in ‘n myn of so, laat hulle nou toespreek en lei deur ‘n semi-analfabeet wat die situasie misbruik in sy opstand teen die semi-analfabetiese leier van die land. Ook die land se eens goeie universiteite word nou oorstroom met tans bevoordeelde ik- ontbrekendes wat nou die eerste vyf letters van die alfabet geleer moet word sodat hulle daarvoor ‘n graad en hoogs betalende pos kan kry kragtens die heersende Swart Ekonomiese Besoedeling beleid.

Aan “diesilkes” wat dalk nog wil ontsnap “yt” hierdie besoedelde sneeubal wat “dryg” om die Zimbabwe “ekoenoemie” na Alice se wonderwêreld te laat lyk gee ek hier ‘n “tikie” raat in ‘n taal wat selfs ‘n staat-skool-leer-ling (die groot woorde kap ek vir jou af) kan lees: Soek die “naasste” CVO- skool op. Doen aansoek daar en wees “virseker, hule” sal jou wel kan help met jou “speling en geleterthuit!”

Tot volgende slag

Die Sweep

(Ons vertrou dat die skuldiges ook hierdie berig sal lees – Red)