Die Spooragentskap vat Departement hof toe

Die Passasier spoor-agentskap van Suid-Afrika (Prasa) is besig met ’n regsaksie teen die Departement van Openbare werke. Die regsgeding gaan oor ’n onbetaalde rekening van sowat R26 miljoen wat sedert 2007 uitstaande is.

Prasa het gesê die betrokke Departement skuld dié bedrag vir werk wat tussen 2007 en 2008 gedoen is.

Luidens ’n brief wat Prasa se uitvoerende hoof, Lucky Mon¬tana, gedurende Maart 2012 aan die betrokke departement gestuur het, het Prasa se ¬eiendomsafdeling, die kontrak gehad om ’n oudit van die Departement se eiendomme te doen. Sowat 70,000 eiendomme is ondersoek en nagegaan wat daarna in ’n bateregister aangeteken is.
Prasa het reeds in Oktober 2008 ’n rekening gestuur vir R26,04miljoen, wat nie betaal is nie.