Die rykste onder die rykes van SA

Alhoewel die Pa¬trice Motsepe, se fortuin met bykans 15% gedaal het, is dié mynmagnaat en eienaar van Mamelodi Sundowns, nou vir die tweede agtereenvolgende jaar heel-bo aan die Sunday Times se lys van rykstes in Suid-Afrika.

Luidens die lys is Motsepe se aandele in African Rainbow Minerals en Sanlam R20,07 miljard werd.

Motsepe deel die vierde plek op die tydskrif Forbes se lys van rykste swart mense ter wêreld met Oprah Winfrey. Forbes raam sy totale rykdom op $2,7 miljard (sowat R222,51 miljard).

Die rykste vrou, Sharon Wapnick, nie-uitvoerende direkteur van Octodec Investments, is die 78ste rykste persoon in Suid-Afrika en is R352 miljard sterk.

Nicky Oppenheimer is vierde op die lys met sy Anglo American-aandele wat R8 965,25 miljard werd is.

Christo Wiese van Pepkor, Shoprite en Tradehold is blykbaar tweede op die lys, maar City Press het berig hy skuld Jan Taks glo R2 miljard. Dit behoort egter nie ’n groot invloed uit te oefen nie aangesien hy met oorgenoeg bates die belasting lag-lag kan betaal