DIE ROTHSCHILD KAMEELPERD

Die Rothschild kameelperd is een van die mees bedreigde spesies.

In die Wellington Dieretuin in New Zealand was daar nog net een van hierdie kameel-perde oor en hul het hom “Seun” genoem. Ongelukkig het hy ernstige hoefontsteking gekry en het die veearts besluit om die regter toon te amputeer. Volgens die veearts is Hoefontsteking geweldig pynlik. Dit is eintlik inflammasie in die weefsel van die hoef.
Hy kon ook glad nie meer op die poot trap nie. Hierdie inflammasie kom ook by perde en ander vee voor.

Na ’n 5½ uur operasie met narkose, is Seun dood. Hy kon hom nie weer self oplig na die operasie nie, omdat hy te lank op sy sy gelê het en daar te veel bloed in die onderkant van sy lyf was. Seun was ook baie moeg na die lang operasie. Volgens die Algemene Bestuurder van die dieretuin sou hy geleef het indien die operasie net 1½ uur geduur het. Seun was een van 2,500 Rothschild kameelperde in die wêreld wat nog oor is en hy was in hierdie dieretuin vanaf 2008.

’n Paar feite oor kameelperde:
Kameelperde is soogdiere en naas die Afrika olifant, die grootste dier op aarde. Hul weeg +-1270 kg en die uitgegroeide bulle nog baie meer, tot +- 1900 kg. Die eienaardige eienskap van kameelperde, is dat hul dieselfde hoeveelheid bene in hul nekke het as mense!! Hul nekke is 2,5 meter lank. Sy longe is 8 keer groter as die mens se longe. Sy lugpyp is 3,6 meter lank. Hul beweeg rond in groot areas op soek na hul kos en hul water kry hul hoofsaaklik uit die blare wat hul eet. Hul kan lang tydperke sonder water klaarkom.
Die kameelperd het ook ’n ingewikkelde klepstelsel wat sorg dat die bloedsirkulasie na sy kop reëlmatig plaasvind.

Wat ’n pragtige uitsonderlike dier is dit nie.