Ek wil graag n eier le tov die moorde op blankes hier in Suid Afrika.
Om optogte te reel en protes briewe te oorhandig maak geen merk hier ter plaaste of in die buite land nie. Die wittes sal so gou moontlik indien nie gouer moet ophou praat en doen
Wat het geword van Dan Roodt wat n klag van Volsmoord in Den Haag gaan le het. Waarom word hierdie nie n bietjie opgeblaas sodat almal weet daar word aksie geneem nie Wat is die uitslag. As daar protes optogte gereel word moet onsd iets soortgelyk doen om Dan Roodt op te lig. Dit klink vir my as of hy alleen staan en doenn en ons ander staan op die kant en kyk wat gaan gebeur
Wat doen die gekose Volksraad omtrent al hierdie moorde. Wat se aksie het hulle al gedoen, behalwe om vir Zuma te gaan se ons wil ons eie volkstaat he. Ons moet begin doen dat ons die media kan haal. Ons moet hard begin raas anders gaan hierdie. Moorde net ongepoost voortgaan.
Dit lyk my die buiteland staan steeds passief teen oor die wittes in SA. Die selfde soos in Zim.
Elke dag wat verby gaan is reeds te laat. Daar word n blanke kind deur die kop geskiet Dit is alreeds geskiedenis en niemand verroer n vinger nie. Ons MOET dmv optrede druk op die REgering plaas met behulp van goedgesindes in die buiteland en dit so gou moontlik doen
Dit is nie Dan Broodt wat die klag gele het in Den Haag nie, maar die Verkennersbeweging van Suid-Afrika.
Dit sal goed wees as ons almal die artikel onder die hofie “Wees versigtig wat jy sê en doen” aandagtig lees en daarop ag slaan. Die waarskuwing in die artikel geld sekerlik ook vir wat ‘n mens skryf.
Die Boere-Afrikaner Volksraad het ‘n bepaalde mandaat wat hulle moet uitvoer en kragdadige optrede teen volksmoorde is nie binne die bestek van daardie mandaat nie, selfs al sou hulle fisies oor die vermoë beskik. Hulle is besig met die uitvoering van daardie mandaat en doen intussen wat hulle kan om steun vir ons saak te werf. Niemand het gedink dat die proses ‘n kort, maklike paadjie gaan loop nie, maar sekerlik moet die aangeduide pad eers geloop word en sorg moet gedra word dat alle optrede binne die bepalings van die wet is.
Natuurlik stuit die wrede moorde op ons mense almal teen die bors en raak ons haastig om dit tot ‘n einde te bring en uit hierdie gemors, waarin ons teen ons sin beland het, te kom.
Hoe moeilik dit ookal is en hoe erg die frustrasies en verontwaardiging oor sulke skreiende wreedhede en verontagsaming van volksgenote se reg om te lewe ookal in ons opbou, dink ek dit is nie nou die tyd om oorhaastig te raak nie. Meeste van ons voel “dis hoogtyd verby dat iemand iets daadwerklik aan die saak doen” maar wysheid, selfbeheersing en verantwoordelik moet nou aan die dag gelê word. Ons sal die vrugte pluk.
‘n Mens se hart bloei vir die doods-angs wat die vermoordes moes deurmaak en die matelose smart van hulle naasbestaandes.
Verskoning aan die briefskrywer. Ek het weens ‘n lees oorsig die beklemtoning van die klag wat in Den Haag gelê is verwar met iets baie meer kragdadig as om dit aan die groot klok te hang, vandaar die onnodige verwysing na die waarskuwing “Wees versigtig wat jy sê en doen.”. Jammer dat ek die strekking van die brief uit verband geruk het.
Is dit nie werklik jammer dat ons, behalwe Die Vryburger, verder geen toegang het tot die hoofstroom media nie. Miskien is daar ‘n briljante volksgenoot met ‘n plan van hoe ons ons saak en die onreg wat teen ons gepleeg word, op groot skaal onder die aandag kan bring.
Intussen kan ons darem, al is dit op klein skaal, vriende en familie wat hulle in die buiteland bevind, aanmoedig om Die Vryburger te lees en hulle per e-pos op hoogte hou van die wandade wat gepleeg word. Baie van hulle het reeds plaaslike kennisse opgebou en bring gebeure en toestande hier ter plaatse onder hulle nuwe kennisse se aandag. ‘n Vriend van my in NZ doen dit reeds en sommige van sy nuwe vriendekring neem kennis van en stel belang in wat werklik hier aangaan.
Dit is verblydend dat daar in Australië ‘n groep is wat hulle regering versoek het om sanksies teen SA toe te pas vanweë die onheilighede wat hier aangaan.