Briewe – Puik!

Ek wil ook graag n stuiwer in armbeurs gooi,deur te se dat die Vryburger puik is!
Ek glo dit sal die toekoms van Boere Afrikaner se leesstof wees. Dit is jammer om Radio PTA te sien val en dit sal hartseer bly. Kon die stasie bestuur nie gesien het hoe die Broederbond/Solidariteit/Afriforum/SA Landbou hulle finansieel kaap nie? Ek doen n beroep vandag op die redaksie en bestuur van die Vryburger,dat julle sal wakker wees en hou by wat julle doen en glo-julle sal ook in hulle versier kom. Die gif wat deur die Beeld/Raport/Huisgenoot in ons mense se koppe ingepomp word is skrikwekkend en ek wil ons volk vrae om die koerante en tydskrifte uit julle huise te hou. Die Vryburger dek n bree spektrum en alle afdelings van julle uitgawes is baie goed en lekker om te lees.Ek wil so ver gaan deur te se, dat indien Die Vryburger bly staan teen die aanslae, dit die Boerevolk se koerant sal wees in ons eie Boere Republiek.Wel gedaan en hou so voort.
Groete
Coenraad