Briewe – Hoe lank nog?

Hoe lank nog?

Ek druk my vinger vandag teen die bors van die volk en vra jou- HOE LANK NOG?

Hoe lank nog wil julle aanhou met hierdie siek speletjie? Het daar nog nie genoeg bloed gevloei nie? Is daar nog nie genoeg vrouens verkrag, motors gekaap, huise gebreek en kinders gesteel nie?

Hoe lank nog is ons bereid om te dien onder hierdie bestel waar alles wat mooi en goed is- vernietig en verpletter word? Hoe lank gaan ons nog toekyk hoe ons trots, ons menswees, ons volk, ons geskiedenis en ons erfenis gemartel en verneder en vernietig word?

Hoe lank nog gaan ons terug sit in ons vergaderings, ons aksies, ons gesels, ons gesprekke, ons diplomasie, ons eie insig en ons gemakstoele agter facebook en teem en kerm en kla? Hoe lank nog gaan ons hier en daar “ietsie” gee en ‘n “tydjie” afstaan vir die saak voor ons, ons self en alles wat ons besit op die tafel plaas?

Ek druk vanoggend die volk teen die bors, ek druk myself teen die bors en vra- Hoe lank nog gaan ons onsself op die skouer klop oor hierdie leuen wat ons lewe? Hoe lank nog gaan ons ons hoop vestig op wat “hulle” doen? Hoe lank gaan ons nog wag vir die profesiee om waar te word? Hoe lank gaan ons nog handjies gevou sit en wag dat ons Vader ingryp terwyl ons sit en koekies eet en tee drink?

Is ons regtig so verwaand om te dink dat ‘n volk nie tot niet sal gaan nie? Het ons Vader nie al volke uitgewis nie, nageslagte van die wat teen HOM laster nie uitgeroei het nie? Hoekom sal ons volk gespaar bly as ons nie anders is as hierdie mense nie? Hierdie gemaksugtige houding dat ons spesiaal is beteken niks as ons nie daarop arbei nie. Ja, ons het die potensiaal om ‘n volk te wees wat HOM vrees, en in SY naam wonders verrig. Bloedrivier was een van die duidelikste bewyse hiervan. Maar die manne in Bloedrivier het laer getrek, het voorberei, het hulle tot HOM geroep en toe die sneller getrek. Hulle was, soos die Ingilsman seg- “ALL IN”. Dit was alles of niks vir hulle. Is dit al alles of niks vir ons?

Kan ons vandag eerlik vir mekaar se- Ek werp nou alles in die stryd? Sal jy jou gemaklike huis en jou lekker inkomste en jou dstv en jou mediese fonds opgee om te staan vir dit wat reg is? Of is ons net bek?

Hoe lank gaan ons nog Laster deur ons aanwesigheid in hierdie stelsel? Hoe lank gaan ons nog belasting betaal wat aborsies, moord, diefstel en korrupsie finansier en ondersteun? Hoe lank gaan ons nog ons kinders offer aan ‘n onderwys stelsel waar hulle waardes vervang word met die vreemde? Hoe lank gaan ons nog angstig die nuus dophou oor wat nog kan verkeerd gaan?

Hoe lank gaan ons nog draai om as volk die knie te buig?

Hoe lank gaan ons nog draai voor ons die laer binne gaan en ‘n streep in die sand trek en op HOM ons vertroue plaas?

Hoe lank gaan ons nog bad in ons eie trots? Hoe lank gaan ons nog veg vir ons eie gemak en gerief?

Moet ons waaragtig eers alles verloor? Moet ons waaragtig wag tot daar niks van ons oor is nie? Wat sal dit vat vir die ryk jong man om alles op te gee?

Ek vra u, wat hier lees- Wanneer sal dit vir jou genoeg wees? Moet daar eers bloed vloei van ‘n geliefde? Is dit die prys wat u wil betaal? Wil u eers wag dat nog ‘n paar volksgenote stukkend gekap, verkrag en vermoor word voor u regtig betrokke gaan raak? Sal u die dag as hulle u plaas vat dalk oorweeg om betrokke te raak?

Wat sal dit vat voor ons besluit- Dit is nou genoeg?

Ek druk vanoggend my vinger teen die bors van my volk en skree-

HOE LANK NOG?