Briewe – Ek sien dit so

Ek sien dit so , ons gee voor ons is Christene maar dan vertolk ons die Bybel elkeen soos ons wil. So vind ek sommige van die die artikels deurspek met “haatspraak” . My verstaan van die Christelikke lewenswyse is dat ons, ons naaste moet liefhê maar so ook ons vyande. Ek kan nie vanuit die perspektief van haat optree nie.. Die ENIGSTE groot opdrag wat ek in die evangelies kon naspeur is die gebod “Ek beveel julle om mekaar lief te hê.”
My voorsaat het hier aan land gekom as “dragonder” in van Riebeeck se garnisoen, My oupa grootjie het geveg in die Anglo Boereoorlog en, my Pa was n teenstander van Smuts se “engelse baadjie en teen ons betrokkenheid in die oorlog teen die Duitsers , so ek dink ek kwalifiseer as “Afrikaner”. Ek het geregistreer en gestem vir die “Afrikaner volksraad”, met elke plaas aanval , bloei ek saam. Maar met deernis probeer ek die haat uit my weer want haat vernietig net die wat Haat. So asseblief as u nie hierdie taak in Liefde kan aanpak uitvoer nie, sluit my uit want “julle haat ” regverdig ELKE plaasmoordenaar.
Die haatpad is n selfmoordpad.
JC DE BRUYN