Ek maak ten sterkste beswaar daarteen dat julle die naam wat die Iluminatie aan Suid Afrika gegee het, propageer, nie eens die ANC doen dit op hierdie staduim nie ! Noem dit die Gebreekte Suid Afrika want dit kan nie Die Nuwe Suid Afrika wees nie, want alles is gebreek, die stadsrade, watersuiwerigswerke en die nasionale paaie om net ‘n paar te noem.
Groete,
Christo Blomerus
Verstaanbaar, ja. Hoe dit ookal sy, dit is definitief, beslis en bepaald nie die ou Suid-Afrika nie.
Die Ou Suid-Afrika het orde geken en alles wat opgerig is, behoorlik in stand gehou.
Die Nuwe SA is n gemors wat deur minder slim ouens beheer word om uiteindelik te laat lyk soos Zim en die res van die kontinent.
Al word Suid-Afrika al hoe minder bekend aan ons as die tuiste wat ons geken het, voel ek moet ons die naam Azania vermy. Pretoria is vreemd, maar in my hart bly dit Pretoria. Ek woon nie in Centurion nie, maar in Verwoerdburg.