Boksheld sterf om kind se lewe te red

Corrie Sanders (46) is geskiet in ’n restaurant toe hy sy dogter teen ’n drietal terroriste wou beskerm. Hy is inderhaas na die Kalafong-hospitaal buite Pretoria geneem en is daar dood na ’n agt ure lange operasie.

Die voormalige swaargewig-bokskampioen van die wêreld, het in die restaurant buite Brits bo-oor sy 15-jarige dogter, Mari¬nique, gaan lê om haar te beskerm.
Hy het vir haar gefluister: “Maak of jy dood is, my kind.”
Kort daarna is hy deur een van die drie terroriste in die buik geskiet.

“Corrie was ’n boksheld en hy is as ’n held dood, want hy het my kind se lewe gered,” het Sunette Sanders (47), sy voormalige vrou, gesê. Sy was teenwoordig toe hy geskiet is.

“In die ambulans het Corrie vir my gesê ek moet die kinders huis toe vat, want hy wil nie hê hulle moet hom só sien nie.”
Kenners en familie is egter van mening dat mnr. Sanders se lewe gered kon word indien hy by ’n privaat hospitaal geopereer is. Suid-Afrika se gesondheidsdienste gaan so vinnig agteruit dat ’n baie sterk weerstand opbou word teen opname in staatshospitale.
Corrie Sanders was alom bekend as een van Suid-Afrika se beste boksers. Hy het 42 van sy 46 gevegte gewen waarvan die meeste met ’n uitklophou gewen is.

Met hierdie tragiese gebeurtenis, het die wêreld kennis geneem van die volksmoord en algemene wetteloosheid wat aan die orde van die dag is in Suid-Afrika.

In ’n verrassende uitspraak het die burgemeester van die Oos-Rand se Metro munisipaliteit na die terroriste as barbare verwys. Die sanger, Elvis Blue, het in kommentaar op twitter gesê dat daar in Suid-Afrika aan armoede en rassisme gewerk moet word.

Die Vryburger het ontnugterende nuus vir die sanger wat nie sy eie naam gebruik nie. Mense moor nie omdat hulle arm is nie, hulle moor omdat hulle barbare of terroriste of beide is.
Selfs die minister van polisie het al die lig gesien met uitsprake dat armoede niks met misdaad uit te waai het nie.
Corrie en sy twee kinders is op die foto wat ’n paar jaar gelede geneem is.