Bokser broers bobaas

Die Klitschko boeties oorheers nou al vir ’n paar jaar die swaargewig boks toneel. Tussen die twee broers is hulle in besit van al die menigte wêreldtitels wat beskikbaar is. Hulle het egter ’n ooreenkoms om nie teen mekaar te boks nie. Die res van die wêreld se swaargewigte is egter nie so gelukkig nie. Wat hierdie prestasie nog meer merkwaardig maak, is dat hierdie twee boksers blank is. ’n Blanke swaargewig bokser wat die wêreld oorheers, is omtrent so skaars soos ’n Italiaanse oorlogsheld. Dis seker oor hierdie feit dat die meeste koerante in Suid-Afrika nie berig daaroor wil lewer nie.

Saterdag was dit die ouboet Vitali se beurt. Hy het die geveg betree met ’n rekord van 44 wen gevegte. Hy was slegs twee keer aan die verloorkant. Die een was teen een van die beter swaargewigte nog, Lennox Lewis van Engeland. Tydens dié geveg was Vitali voor op punte, maar die dokter het die geveg gestop weens ’n sny bo sy oog. Na hierdie geveg het Lewis alles gedoen om ’n herontmoeting te systap tot hy sy uittrede aangekondig het. Die ander verloor was a.g.v. ’n kniebesering tydens ’n geveg waarna hy nie kon voortgaan nie. Veertig van hierdie gevegte is gewen met ’n uitklophou.

Die ongelukkige bokser was hierdie keer Manuel Charr. Voor die geveg het hy al 21 keer gewen, sonder dat hy aan die verloorkant was. Elf van sy gevegte het hy met uitklophoue gewen.

Soos menige van Klitschko se gevegte, het dit gelyk of Charr nie in dieselfde kryt tuishoort nie. Dis nie vanweë die feit dat hy ’n slegte bokser is nie, maar net omdat Klitschko in ’n klas van sy eie is.

Die derde ronde het Charr harpuis geruik. Dokter Ystervuis het gesorg dat die dokter langs die kryt die geveg gestop het in die vierde rondte. Charr kon nie voortgaan nie, weens ’n slegte sny, wat hy tydens die geveg opgedoen het.

Met hierdie tegniese uitklophou, is Vitali tweede in die persentasie gevegte wat met ’n uitklophou gewen is – met 87,2%. Die persoon bo-aan die lys is die legendariese Rocky Marciano met 82,7%.

Interessantheid onthalwe, die jonger Klischko, Wladimir, is vierde op die lys met 83,6%.