Boerenooi eis teen Britse burgemeester

Neleen Strauss, die mede-eienaar van ’n restaurant in die middestad van London, het £80 000 (meer as R1 miljoen) van Boris Johnson, die burgemeester geëis. Johnson het voor die Olimpiese Spele ’n beroep op die mense wat die stad gedoen om gedurende Augustus uit die middestad weg te bly. Hy het aanbeveel dat mense eerder van die huis af kan werk.

Dit was ’n belaglike uitlating. Ons het voor dit ’n uitstekende jaar beleef, maar weens Boris (Johnson) se beroep, het ondernemings soos re¬staurante en kroeë in dié deel van die stad baie seergekry, het Neleen gesê..

Dit is nie bekend of die eis teengestaan sal word nie.