Boeremeisie besoek Kleinfontein

Op die 19de Oktober 2012 word ‘n konsert met Sunette Bridges in die Kleinfonteingemeenskapsaal aangebied deur die RVB (Republikeinse Vrouebeweging).

Bridges wat ook tydens Majuba 2013 sal optree se nuutste album, Veertig Somers is onlangs bekend gestel en van die snitte sal waarskynlik deel vorm van die konsert.

Sy is een van die min kunstenaars, indien nie die enigste, wat openlik selfbeskikking vir die Boere-Afrikaner steun en is ook ‘n geregistreerde kieser op die VVK se kieserslys.

“Sunette se uitgesproke anti-ANC, pro-Boere-Afrikaner siening het haar die teiken gemaak van lafhartige liberale joernaliste wat gereeld aanvalle op haar persoon rig in die pro-ANC regime media. Volksgenote is trots op haar dat sy nie onder hierdie druk swig nie en dankbaar dat sy ingestem het om in Kleinfontein op te tree. Die opbrengs van hierdie konsert gaan aangewend word om volksgenote in nood te help.” het ‘n woordvoerder van RVB gesê.

Kaartjies vir die konsert kos R70 vir volwassenes (Laerskool kinders R50 en kleuters R20) en is beskikbaar by 012 803-0712 Die konsert begin om 19h00