Bisarre optrede van Nasionale Vervolgingsgesag

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is uit talle oorde gekritiseer omdat besluit is om 270 Marikana-mynwerkers van moord aan te kla ná die patetiese optrede van die SAPD wat 34 stakers doodgeskiet het.

Die NVG het hom beroep op wetgewing wat die apartheidsregering destyds ná die Sharpeville-slagting gebruik het.

Die optrede van die NVG spreek van dubbele maatstawwe – aan die een kant word apartheid verdoem, aan die ander kant word na apartheid maatreëls gegryp om hul gekke besluit te regverdig, het ’n woordvoerder gesê.

Dit is deur talle instansie as geklik en bisar beskryf en ’’n misbruik van die strafreg.

Selfs Jeff Radebe, minister van justisie, was verbaas en het die NVG beveel dat hy onmiddellik van ’n verslag voorsien word wat redes aanvoer waarom die vervolging ingestel word.

’n Voormalige senior lid van die SAP het gesê dit is duidelik dat die SAPD se geskiet op stakers nou geregverdig moet word aangesien daar geen rede was om mense op daardie wyse dood te skiet nie, veral as in ag geneem word dat talle stakers in die rug geskiet is.

Bantu Holomisa, UDM-leier, het in ’n ope brief aan Jacob Zuma die vervolging as “bisar” beskryf.

“Dit is ironies dat die mense wat die snellers getrek het, vry rondloop terwyl die slagoffers agter tralies sit,” het hy gesê.

Sondag het Jiba gesê dat die aanklagte teen die stakers voorlopig terug getrek is. Sy het vêrder bekend gemaak dat ’n deel van die werkers eers op 12 September vrygelaat gaan word.

Die terugtrek van klagtes volg klaarblyklik nadat ’n vloedgolf van besware ingestroom het wat die NVG onder soveel druk geplaas het dat hulle hul bisarre besluit moes wysig.