Bioniese oog vir blindes

Australiese wetenskaplikes het bekend gemaak dat hulle die wêreld se eerste bioniese oog as prototipe ingeplant het wat as ’n reuse deurbraak vir blinde mense beskou kan word.

Bionic Vision Australia, ‘n konsortium word befonds deur die land se regering, het ‘n prototipe van ‘n bioniese oog by ‘n vrou, Diane Ashworth, ingeplant. Ashworth ly aan oorerflike sig verlies.

Dié oog is aan Ashworth se retina vasgebind en bevat 24 elektrodes wat elektriese impulse na haar oog se senuwee-selle stuur.

“Ek het nie geweet wat om te verwag nie, maar ewe skielik kon ek ‘n bietjie lig sien. Dit was ongelooflik,” het Ashworth in ‘n verklaring gesê.

Die span werk tans aan ‘n nuwe oog wat die bestaande 24 elektrodes sal verhoog na 98 elektrodes en wat hopelik daartoe sal lei dat groter beelde soos geboue en karre waarneembaar is. Daar is ook ‘n 1 024 elektrode-oog in die pyplyn wat hopelik ook mense se gesigte sal herken en selfs groot gedrukte boeke kan lees.

Penington het gesê dat die uitslae met Ashworth se oog hulle “beste verwagtinge oortref het. Ons het nou vertroue dat ons eendag bruikbare sig sal kan bereik.”