België roskam Zuma behoorlik

Die regering van België verwag van Suid-Afrika om meer duidelikheid te gee oor die skietery by Lonmin myn, toe die SAPD op onverantwoordelike wyse 34 mynwerkers doodgeskiet het.
Die Belgiese eerste minister, mnr. Elio di Rupo het dit vir pres. Jacob Zuma gesê tydens sy besoek aan die Europese Unie (EU).
Die Vlaamse oggendkoerant, De Morgen berig dat Di Rupo later aan Zuma gesê het dat oplossings vir maatskaplike konflikte altyd vreedsaam moet wees en met onderhandelings. Geweld kan nie die antwoord wees nie, het hy gesê.
Die Europese koerante het gedurende Zuma se besoek, weer die skietery na die voorgrond gebring en daardeur die indruk gelaat dat die ANC se metodes onder verdenking staan.