Aussies vra sanksies teen Suid-Afrika

Die nasionale voorsitter van die Australian Protectionist Party, mnr Andrew Phillips, het ’n beroep gedoen op die regering van Australie, sowel as op opposisie partye om sanksies teen Suid-Afrika te her-aktiveer.

Mnr. Phillips het dit duidelik uitgespel dat dit toenemend duidelik word dat die RSA nie aan die verwagtinge voldoen nie. Ten spyte van herhaalde aankondigings deur die ANC regering oor hoe die land se mense eenders behandel sal word, dat almal gelyke geleenthede gebied sal word, toon die werklikheid dat dit hoegenaamd nie de geval is nie.

Hy wys daarop dat die volksmoord, die sogenaamde regstellende aksie en ander arbeidswette sodanig is dat die blankes onveilig voel en geen toekoms sien vir hul inders nie. Dit is slegs enkele redes waarom sanksies heringestel moet word teen Suid-Afrika.

’n Woordvoerder van die Verkennersbeweging van SA het daarop gewys dat dit ironies is dat dieselfde mense wat apartheid veroordeel het, nou weer dit veroordeel waarmee die ANC besig is.