Asma: RSA se mediese sorg wek kommer

Suid-Afrika het die vierde hoogste sterftesyfer weens asma in die ganse wereld. Mense in die ouderdomme van vyf en 35, is die hoogste ooit in die land en toon nou die vierde hoogste ter wereld.

Dié inligting is verskaf deur die Global Initiative for Asthma.

Volgens dr. Jaco van Zyl, ‘n mediese adviseur, is asma in Suid-Afrika die derde grootste rede waarom kinders in die hospitaal opgeneem word, maar slegs 2% van alle asmalyers in die land ontvang behandeling.

Die swak mediese sorg wat in baie staatshospitale gebied word, is deel van die ernstige probleem. Mense weier om na die hospitale te gaan weens die uiters swak toestande wat daar heers.

’n Tekort aan opgeleide personeel, swak toerusting waarvan daar meestal niks gebruik kan word nie, stukkende apparate en onkundiges wat daarmee moet werk, is deel van die probleem, het ’n woordvoerder aan Die Vryburger gesê.