Armoede in die EU

Die Europese Unie se bekendstelling van ECB (Europese Centrale Bank) se aanvaarding van staatseffekte aankope het die Eurowisselkoers versterk na die beste vlak in drie maande. Die algemene gevoel is dat Duitsland die verloorder is, aangesien dit die posisie van die Bundesbank verswak. Duitsland het reeds waarborge gelewer van €200 miljard wat byna gelyk is aan sy totale jaarlikse nasionale begroting.

Intussen is armoede besig om geweldig te styg in die EU. Inwoners wat onder die broodlyn lewe vermeerder jaarliks en sien soos volg daaruit:
2007: 79 miljoen, 2008: 85 miljoen, 2010: 116 miljoen, 2012: 120 miljoen. ‘n Aansienlike deel is kinders en bejaardes wat onderskeidelik ongeveer 23% en 17% van die getal uitmaak. Die EU se totale bevolking is 503 miljoen en die armoede syfer maak dus ‘n wesenlike gedeelte van die totale bevolking uit.