Arabier verkoop vir baie geld

Altesaam 38 perde is op die eerste prestige Arabierperd veiling in Suid-Afrika opgeveil.

Die veiling is deur die telers Aucamp Arabians van Lydenburg en Strydom Arabian Stud van Bronkhorstspruit gereël en is op Vlakfontein van Strydom Ara¬bian Stud gehou. Moontlike kopers het so vêr as van Namibië gekom.

Na mate die veiling verloop het, het die pryse begin styg.

Die hoogste bod was R1 miljoen vir Priscilla, ’n merrie, oorspronklik uit die VSA. Sy is deur Rachelle le Grange van Pretoria gekoop.