ANC leier vermoor sy kamerade

Sifiso Khumalo, leier van die ANC-jeugliga in Oshabeni, is 22 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op twee ander lede van die ANC tak aan die Suidkus.

Die waarnemende regter Sibusiso Mngomezulu het in die Pietermaritzburg-hooggeregshof gesê dat die moord ‘n ernstige misdaad is, maar die hof gee ‘n ligter vonnis omdat Khumalo getuig het sonder om die hof se tyd te mors.

ANC-leiers, insluitend die provinsiale sekretaris, Sihle Zikalala, en die tesourier, Peggy Nkonyeni, het die verrigtinge bygewoon.