Amerikaanse Ambassadeur gedood in Libië

Die Amerikaanse ambassadeur in Libië en drie ander ambassade-personeellede is na wat berig word in ‘n vuurpyl-aanval in Benghazi dood.

‘n Regeringsamptenaar in die stad het aan Reuters gesê dit is nie duidelik of die ambassadeur in sy motor of in die konsulaat in die stad was toe die voorval plaasgevind het nie.

Sapa het berig dat betogers ontevrede is oor ‘n rolprent waarin daar volgens hulle met die profeet Mohammed die spot gedryf is. Die Amerikaanse konsulaat in Benghazi is aan die brand gesteek nadat hulle ook op die gebou geskiet het. Een Amerikaner is in een van dié voorvalle dood.

In Kaïro het betogers oor die mure van die Amerikaanse ambassade geklim en die Amerikaanse vlag geskeur en dit met ‘n Islamitiese banier vervang.