Agterstallinge betalings van mynstakers kwel banke

Twee van die banke waar ‘n aansienlike gedeelte van hulle kliënte basis in die mark vir swartes is waarby die mynsektor ingesluit is, Capitec en African Bank, het verklaar dat hulle die stakende mynwerkers met agterstallige paaiement gaan akkommodeer en nie oorhandig vir gedwonge invordering nie.

African Bank het gesê sy blootstelling is tans R2 miljard, wat ongeveer 4% van sy totale leningsboek is. Capitec se woordvoerder, Charl Nel, wou nie syfers beskikbaar stel nie en het gesê dat die blootstelling nie wesenlik is nie.