Die inflasiekoers opwaarts

Volgens Statistieke S.A. het die VPI (Verbruikersprys Indeks) vir Augustus op 5% op ‘n jaar-tot-jaar basis gestaan. Dit was 4,9% in die vorige maand.
Op ‘n maand-tot-maand basis het dit met 0,2% gestyg. Dit word verwag dat die VPI vir die res van die oorblywende maande van die jaar op 0,3% sal bly.

Die Reserwebank (SARB) se Gill Markus het verklaar dat verdere rentekoersverlagings nie noodwendig verwag kan word nie en het aangekondig dat die reprokoers op 5,5% bly. Die inflasie vooruitsigte vir die res van die jaar word op 5,3% gestel, 2013 op 5,2% en 2014 op 5,0%. Pryse op voedsel en petrol bly die grootste bereigings oor die korttermyn met die onstabiele rand en die onsekerheid in die wêreldekonomie as bykomende faktore.

Die vooruitskatting vir reële BBP groei is 2,6% vir 2012 en 3,4% vir 2013 teenoor die vorige verwagte 2,7% en 3,8% vir die betrokke jare.