Zuma gekelder?

Mathews Phosa het in ’n onderhoud gesê die ANC-lede wat druk uitoefen op die party se takke oor leierskap veranderings is besig om die beweging korrup te maak

“Drukgroepe is die korrupte siel van die beweging,” het hy gesê.

Hulle moet leiers nou assesseer en eerder aangemoedig in plaas daarvan om te luister na drukgroepe. “Hulle kan ons nie in Oktober begin assesseer wanneer hulle benoemings moet maak nie,” het Phosa gesê.

Berigte vlieg rond dat lede wat ‘n tweede termyn vir pres. Zuma teenstaan nou ’n naamlys rond stuur wat kandidate bevat vir die ANC se ses belangrikste posisies.

Die lys het adjunk-president Motlanthe heel bo as die party se president en Tokio Sexwale as sy adjunk.

Die ANC se verkiesingskonferensie word in Desember in Bloemfontein gehou.