Vulkaan uitbarsting

In Mount Tongariro, Nieu-Seeland is ‘n vulkaan wat onverwags uitgebars het. Die vulkaan is langer as ’n eeu rustend. Met die uitbarsting het ’n aswolk oor die gebied neergesak wat veroorsaak het dat hoofwee gesluit moes word. Vliegtuig vlugte moes ook gekanselleer of uitgestel word.

Die Berg Tongariro-vulkaan, wat in die middel van die Noord-Eiland geleë is het laas in 1897 aktief ontploffings en vlamme uitgeskiet

“Klippe is uit die vulkaan geskiet en dit was soos donderweer en weerlig en vuurwerke. Dit was skouspelagtig,” het een van die inwoners van die gebied gesê .