Vonnis: 21 jaar vir Breivik

Anders Behring Breivik, die Noorse massamoordenaar wat in Junie verlede jaar 77 mense doodgemaak het, is by sy volle verstand, en dus word hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Só het die regter in ’n stampvol hofsaal in Oslo gesê. Haar uitspraak is lewend op televisiestasies uitgesaai.
Die staat het aangevoer dat Breivik kranksinnig is en derhalwe lewenslank in ’n gestig aangehou moes word.
Breivik het hom daarteen verset en aangedui dat hy geensins verstandelik aangetas is nie. Sy massamoorde was ’n politieke daad, het hy aangevoer en in sy getuienis gesê:
“Ek het ’n klein daad van barbarisme uitgevoer om ’n groter daad van barbarisme te keer.”
Die foto hierbo is geneem toe hy in die hof sy “saluut” gegee het.