Vinnig swem – vinnig ry

Cameron van der Burgh is blitsvinnig in die water en het nou ‘n motor gekry wat by sy beeld pas: dit is die Audi R8 V10 Spyder.

Cameron het vroeër vanjaar ‘n Audi A5 gekry, maar ná sy gouemedalje-oorwinning by die Olimpiese Spele het Audi Suid-Afrika besluit om hom te verras met die asemrowende R8 V10 Spyder.

Van der Burgh kan nou in hierdie motor, wat sowat R2,3 miljoen werd is, vir ‘n paar weke rondrits voordat Audi sy nuwe RS5-koepee aan hom oorhandig.