Vergoeding: R100,000 per vergadering

Twee voorsitters van staatsbeheerde ondernemings word meer as R100 000 per vergadering betaal, word berig.

Mafika Mkhwanazi, voorsitter van Transnet, is R1 miljoen betaal vir die agt vergaderings wat gehou is.

Sy eweknie van Eskom, Zola Tsotsi, het R908 000 in die laaste boekjaar verdien vir agt vergaderings waarvan hy die voorsitter was.

Dié inligting is vervat in die jongste jaarlikse verslae van die twee maatskappye.

Hieruit is dit duidelik dat die regering en sy hoog geplaasde amptenare is daarop uit om hulleself te verryk terwyl die breër massa in uiterste armoede woon.