Verdagte ondergaan gedragsveranderings

Die gedrag van die tiener wat verdink word van die skok-moorde op ‘n gesin van Griekwastad het baie verander, het ‘n kennis gesê.
Hy is intussen in hegtenis geneem by die skool. Sy naam mag nog nie bekend gemaak word voordat hy in die hof was nie.
Volgens ‘n kennis het was die 16-jarige vroeër skugter en skaam, maar het baie selfvertroue gekry. Hy was nou “babbelend” en “voor op die wa”, het Volksblad berig.

“Hy het gesê as hy 16 word, gaan hy die skool verlaat en gaan hy boer. Niemand gaan vir hom sê wat hy moet leer nie.”

Die kennis het gesê die seun sou vroeër stil sit en vir lang tye net voor hom uit staar, maar nou lag, stoei en korswil hy met sy maats en ander mense.

“Hy babbel nou verskriklik. Hy is nou só vol selfvertroue jy kan hom amper nie stilmaak nie. Meisies drom om hom saam.
Hy het bekend geword en dit lyk of hy die aandag geniet. Dit is half sad, ja.”

Die foto is geneem tydens die roudiens op die drie-dubbele moord