Veldbrand eis lewe

’n Boer van Tzaneen en sy dogter van16 jr was hard besig om ’n veldbrand te probeer keer toe sy inmekaar gesak het nadat sy gesien het hoe haar pa voor haar oë doodbrand.
Anicka Brandt het haar pa, Thinus, eergisteroggend gehelp om die veldbrand te probeer blus wat op hul plaas gewoed het.

“Die vlamme was nie so erg nie en kon geblus word, maar dis die wind wat dit erger gemaak het,” het Thinus se vrou, Ansie later gesê.

Volgens wat Anicka haar ma vertel het, het Thinus van die trekker afgeklim toe die vlamme in sy rigting begin beweeg.

“Maar dit was te laat. My dogter het my gesê die vuur het soos ’n golf oor hom gegaan,” het Ansie gesê.

Duisende hektaar plantasie bome is in brande verwoes gedurende die afgelope weke. Die vermoede bestaan dat die brande begin word deur terroriste met die bedoeling om blankes van hulle grond te verdryf.
Intussen het Die Vryburger verneem van die duisende hektaar weiveld wat deur brande verwoes is in die Vrystaat. Ook in hierdie gevalle was die brande onkeerbaar weens die geweldige sterk winde.