Uit die Woord – Gen 9:5-6

“Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis…Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal ek die siel van die mens eis. Hy wat die bloed van ‘n ander vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak” Gen 9:5-6

In ‘n tyd en ‘n land waar die lewe van ‘n mens skynbaar min werd is, is dit goed om onsself te herinner daaraan dat lewe vir God kosbaar is. Diegene wat bloed vergiet en reken dat daar geen gevolge is nie, moet weet. Al word sy daad nie deur die gereg aan hom toegereken nie, sal Hy homself voor die almagtige Regter moet verantwoord.