Teenspoed op Mars

Die Curiosity het ’n terugslag op Mars beleef, is deur Nasa in ‘n verklaring bekend gemaak.

‘n Sensor wat wind lesings neem, is beskadig, is berig.

Die Curiosity-span het egter gesê dit is nie ‘n ernstige problem nie. Die beskadiging sal van die wind lesings se akkuraatheid beïnvloed.

Dit is nie bekend hoe die skade opgedoen is nie. Ingenieurs vermoed dat klippe tydens die landing opgewip het en van die sensors so beskadig.

Nasa beskryf dié nuus as ‘n enkele “teleurstelling” in wat tot hede ‘n briljante sending is.