Sweepslag

Die soektog na niks?

Groot nuus is dat NASA nou ‘n hele laboratorium gestuur het om in die rooigrond van Mars te gaan rondkrap. Die ding se naam is Curiosity wat my laat wonder of dit nie die hoofverdagte is in die moord op die kat in die Ingelse spreekwoord nie? Die spreekwoord bestaan ook nie verniet nie. Nuuskierigheid is ‘n gevaarlike ding. Mens ontdek dinge wat jy nie wou weet nie as jy te nuuskierig is. Nie dat ek reken dat daar ‘n kans is om iets te ontdek nie. Wat eintlik gesoek word op die rooi klip is natuurlik lewe. Daar is blykbaar van tevore kleigrond gevind wat kan dui op water, wat kan dui op lewe, wat kan dui op diere, wat kan dui op horings, wat kan dui op iets wat gesnuif kan word, wat kan dui op vele ander voordele.

Miskien is ek nou verspot, maar wat hoop Nasa om te kry? Selfs as dit sou moontlik wees, wat wil jy maak met ‘n groen mannetjie as jy hom het? Eers gaan dit ‘n groot storie wees om mekaar se taal te verstaan, mense gaan wil handskud terwyl marsmannetjies groet deur jou met die kop te slaan, dit gaan tot ‘n groot misverstand lei en volgens elke Amerikaanse film wat ooit oor ruimtewesens gemaak is, loop dit uit op ‘n groot oorlog waarin die wereld net-net gered word deur ‘n onverwagse swart held. Die realiteit is dat Amerika behep is met marsmannetjies en Biljoene Sjinese Renminbi’s spandeer aan hierdie fantasie terwyl helfte van die derdewêreldkinders, waarvoor hulle so baie omgee deur hul maatjies geëet word voor hulle nog deur filmsterre aangeneem kan word. Kom ons wees nou maar eerlik. Daar bestaan nie so iets soos ruimtewesens nie. As daar nog geskape lewe in die heelal was sou die Bybel tog sekerlik iets daarvan gesê het.

Nietemin neem ons met beperkte belangstelling kennis van hierdie grootse poging in die hoop dat daar eendag soortgelyke nuuskierigheid sal wees oor die volksmoord op Boere-Afrikaners. Dit lyk egter op dié stadium of die kans van lewe op mars groter is!

Tot volgende slag

Die Sweep