Swak vertoning

Khotso Mokoena het by die Olimpiese verspring-finaal vasgeval met swak vertonings.

Hy het met sy eerste poging 7,93 m ver gespring en ‘n rooi vlag met sy tweede probeerslag gekry. Sy derde sprong het maar 7,62 m gemeet. Daarna is nog rooi vlae gelig wat daarop dui dat hy waarskynlik nie eers by die spele moes wees nie.

Die atleet het agtste plek in die finaal behaal en is uitermatig swak vir iemand wat in Beijing gewen het tydens die spele van 2008.

’n Kenner van Olimpiese spele keurings het aan Die Vryburger gesê dat daar te groot ophef gemaak word van sekere deelnemers uit Suid-Afrika terwyl diegene wat werklik oor potensiaal beskik, dood geswyg is. Eers toe die medaljes gewen is, het daar geluide opgegaan.