Super vinnige vegvliegtuig

Die Amerikaanse lugmag beplan ‘n groot toets vir ‘n eksperimentele vliegtuig wat teen meer as ses keer die spoed van klank sal vlieg. Na raming sal dit beteken dat die vliegtuig teen ’n spoed van 6,000 km per uur sal beweeg.

Ingenieurs hoop dat die X-51 vyf minute lank sy topspoed sal kan behou. ‘n Toetsvlug is reeds gedoen, maar besonderhede daaroor is nie bekend gemaak nie.

Die vliegtuig, wat deur Boeing vervaardig word, sal die Pentagon in staat stel om binne enkele minute aanvalle regoor die wêreld loods.