Sunette Bridges neem positiewe stap

Die baie begaafde Afrikaanse sangeres, Sunette Bridges, het haar by duisende van haar volksgenote aangesluit deur te registreer as kieser by die Volksraad Verkiesings Kommissie, oftewel VVK.

Aldus me. Bridges, was sy reeds ‘n geruime tyd van voornemens om as kieser te registreer. As gevolg van omstandighede buite haar beheer het die geleentheid homself nooit voorgedoen nie. Hierdie situasie is egter reggestel toe een van die VVK se Registrasiebeamptes, op 15 Augustus 2012 gaan besoek aflê het by haar tuiste. Sy het laat blyk dat sy die roete wat die VVK en die verkose Volksraad volg, tenvolle ondersteun. “Ek plaas my naam op hierdie kieserslys om te wys waar ek staan, ek glo hierdie is die beste manier om vir die wêreld te wys dat ons ‘n volk is wat vry wil wees.”

Me. Bridges was onlangs in die nuus oor haar Mandeladag-uitlating, en hoewel die liberale media en ander bekendes haar kasty het daaroor, het sy nie teruggedeins nie. Inteendeel, haar helder antwoorde op duistere vrae, het vir haar meer vriende as vyande gemaak.

Die Vryburger salueer jou Sunette Bridges! Jy is bereid om in die openbaar te sê wat jy dink van ons mense se lyding in hierdie tye, dis baie meer as wat gesê kan word van talle bekendes wat eerder preek wat hulle ondersteuners wil hoor.