Suid-Afrika brand…

Duisende hektaar plantasie is verwoes in brande in die Tzaneen omgewing en ‘n boer van die omgewing Mnr Thinus Brandt, wat gepoog het om die brand op sy plaas te blus, is in die brand dood.

In die Kaap is die ANC jeugliga klaarblyklik besig met hulle “demokratiese reg” om te “struggle”.

In Rustenburg is daar ‘n vakbond oorlog besig om by die Lonmin myn te woed wat reeds tien lewens gekos het.

In tussen het die aanvalle op blankes in Augustus in felheid en frekwensie toegeneem. Volksraadslid Abel Malan skryf:

Hier volg ‘n opsomming van die aanvalle en moorde op ons mense in die 13 dae vanaf 1 Augustus 2012 (Dankie vir die inligting Hannes (BKA). (Let wel nie alle aanvalle en moorde is hier gelys nie, dis net die voorvalle waarvan kennis gedra word).

*WARBURTON/LOTHAIR: Tony Mason aangeval. Ernstig aangerand.

*KLERKSDORP/HARTBEESFONTEIN: Hendrien Johnstone De Lange doodgeskiet tydens ‘n plaasaanval.

*JANSENVILLE: Owen Charles, ‘n Sewentigjarige boer van die Jansenville-omgewing is dood en sy vrou ernstig beseer in ‘n plaasaanval verlede nag.

*AMANZIMTOTI: Lucas Holtzhausen in ‘n koma met breinskade na barbaarse aanval deur drie swartes in Umbilostraat.

*POTCHEFSTROOM: PLAASAANVAL: Oom Jurie Barnard (82) en tannie Anna (80) aangeval, aangerand en met warm strykyster gebrand.

*RHODESFIELD, KEMPTONPARK: Karen Goosen (44) veg om haar lewe na sinnelose, barbaarse aanval deur twee swartes:

*SABIE: Mavis Koekemoer van Lewis gister oorval en in pikdonker stoorkamer toegesluit.

*RICHMOND: MAN DOODGESKIET: Man vermoor in Richmond Kzn. geskiet en bakkie gevat het op n plaas net buite Richmond gebly.

*SMITHFIELD: BOER AANGEVAL: Johan Neetling (56), ‘n boer van Smithfield, is gisteraand beseer toe hy glo vier mans in n verdagte Toyota Corolla met ‘n Noord-Kaapse registrasienommer op ‘n grondpad in die omgewing van sy plaas voorgekeer het.

*ODENDAALSRUS: Anet Knoetze (64) met mes doodgesteek in haar huis.

*BRONKHORSTSPRUIT: My kleinboet is aangerand deur ‘n klomp van sy Mozambiekse werkers. Hulle het hom met stompe geslaan en beide sy bene gebreek, sowel as sy arm. Hy het inwendige en kopbeserings opgedoen en is tans bewusteloos in ‘n hospital.

*CLOCOLAN: Oom Kempen Hugo oorlede na aanval.

*LINKSFIELD: Erhard Enslin, 27, is laas Vrydag is in Linksfield vermoor gevind.

*WITBANK: 73-jarige tannie vertel van haar vyf ure van hel terwyl sy verkrag en aangerand word.

*WITBANK: Plaasaanval: Elmarie Faber (54) aangerand tydens aanval:
Die merke om me. Elmarie Faber se gewrigte, is ’n onaangename herinnering aan die oggend toe sy deur gewapende mans by haar plaashuis oorval en vasgebind is.

*SUNWOODPARK: ‘n Afgetrede, welaf man deur 3 swartes aangeval. Hul het hom doodgesteek met messe nege uur die oggend in sy huis, selfoon en skootrekenaar gesteel.

*AMANZIMTOTI: Malcolm Murray aangeval deur gewapendes by burgersentrum: “Amanzimtoti man was attacked and brutally beaten with a gun at the civic centre”

Terwyl Suid-Afrika brand, hou die politikusse hulle besig om oor standbeelde te stry en baklei. Seker omdat hulle nie kan viool speel nie.

Piet Potlood