Styging in RSA reserwes

S.A. se reserwes in vreemde valuta het effens gestyg in Julie. Die reserwes het oor die afgelope agt maande redelik stabiel gebly, maar kon nie werklik groei nie. Die afgelope maande se reserwes in miljaard VSA dollars sien soos volg daaruit:

47,867 vir Desember 2011, 49,639 vir Februarie 2012, 48,823 vir April, 47,672 vir Mei 47,7, 47,936 vir Junie 47,9 en 47,975 vir Julie.

Die netto groei sedert Desember verlede jaar tot Julie vanjaar is $108 miljoen.

Daar word tans ‘n spesiale poging aangewend om die reserwes op te bou as beskermingsmaatreël teen die dreigende ekonomiese wêreldkrises. Die lopende rekening tekort is tans 3% van die land se BBP.